Dakloos
- Soli Philander

- Jan 20, 2022
- 1 min read
Ons is nie-welkom in ons eie huis
Ons is nie vry nie, nerens waarvandaan ons kan skarrel, nerens tuis
Jou eien dom, jou ware staat
Jou heining, jou muur, jou outomatiese hek na die straat
Grens, verordening, roete, pad
Gebarste kraak in gister's blad
Bloeiende aar, gesplete senuwee
Roede aarde
Gekleurd in bloed-geheue
Splinter takke
Gevlekte saagsel-sakke
Bruinmeel klonte
In alfabet-sop bakke
Afgeskaal, 'n stywer strop, herhaald oor en oor
Kom hoor weer, nog 'n keer
Die storie van verloor-verloor
SP
September 2020


Comments