Help Vir Henna
- Soli Philander

- Sep 18, 2021
- 1 min read

Help vir Henna, gee my krag, hou bors hou. Swaar dra al annie een kant, orals traan en rou. Verwëe en vervalle, te veel ongevalle gevalle. Waar gaan ons heen, waar geeneen ween. Waar soek vrede, sonder rede, die gister, môre en hede. Dan maar weer werk, maak die binneste sterk. Weet in murg en in bloed, aleen staan somtyds vir die goed. Skaar rond en roep, dis jy, maar jy as groep. Wat jy dra, wat jy vra, na wat jy soek - 'n hoofstuk in 'n boek - en terwyl skrywer be-ywer, reeds gekleur met die gees, die storie verstaan hang af van hoe jy dit lees. Konsentreer - jy's nie alleen teer, almal kry seer, ofte wel dan, almal sonder verweer. Hoe nou gemaak - sonder om jou eie menslikheid te skaak - en kla maar verniet oor swaar dra, hedendaags word daar baie van 'n mens gevra. Help vir Henna. Oor die brug, en weer t'rug SP #empatie 18092019


Comments