
Man Down
- Soli Philander

- Oct 5, 2020
- 1 min read
Charl vannie Bishop Lavis
Klink soes vannie laaste wat nog annie baklei was
Nie voo gangster wou knie buig
Of aan die vleispotte wou suig
Maar staan virre regte ding
Val sonner verdediging.
So baie dieselfde
Soos baie ander helde
En met net 'n effense gegrom
Kom ons om
Die wat terug-baklei
Rede tot gewenery
Commendable, yet expendable
SP


Comments